Getuigskrifte

BRITISH BROADCASTING CORPORATION

BBC

C-E-N het Sekuritiet aan ons mediapersoneel verskaf op hul besoeke aan Suid-Afrika, Pole, die Oekraïne en Brasilië. Paul en sy span het te alle tye kalm en versekerd – maar altyd uiters gesaghebbend – opgetree, selfs in die mees moeisame omstandighede en plekke. Hulle is hoogsdoeltreffend en ultra-professioneel, hulle gaan om met hul werk in beskeidenheid en nie-opdringerigheid nie, tensy die omstandighede dit andersins vereis, maar nogtans met ooglopende toewyding aan diegene wat hulle moes oppas. Hulle het ook ‘n goeie sin vir humor behou in ondersoeke te midde van spanningsvolle omstandighede tydens hoë-profiel aangeleenthede en logistieke probleme, wat dikwels voorgekom het terwyl hulle na groot groepe moes omsien.

Phil McNulty 
Hoofsportverslaggewer

DAILY TELEGRAPH

C-E-N en sy personeel het onberispelike diens tydens wêreldwye sportgeleenthede gelewer. Hulle is hoogsbekwaam om sekuriteitsoperasies vir die betrokke eise van ‘n land of plek te beman en het ook gesorg vir menslike hantering van die werk. Dit was ‘n plesier om met hulle saam te werk.

Paul Hayward
Hoofsportverslaggewer

BAC SPORT LTD

Leading International Tours

As bedryfsbestuurder van BAC Sport, ‘n organisasie wat talle sportbyeenkomste regoor die wêreld hanteer, kan ek onomwonde verklaar dat die 2014 Wêreldsokkerbekerreeks in Brasilië die veeleisendste een was om talle logistieke en sekuriteitsredes. Wetende dat die veiligheid van ons kliënte en die amptelike Engelse mediagroep dalk in gevaar kan wees, het ons gevoel die dienste moet weer aan C-E-N toegewys word – ‘n spesialisveiligheidonderneming vir hoë-risiko-beskermingsdienste. Sedert 2010 het BAC Sport bekend geraak met die dryfkrag agter C-E-N se spesiale operasionele dienste, nl. Paul McMenamin.

Paul het aan ons ‘n gedetailleerde risiko- en sekuriteitskatting gegee, wat die moontlike risiko’s en gevare tydens die reis na en in Brasilië duidelik uitgewys het. Hy het ‘n span van bekwaamde en professionele sekuriteitskundiges in hul eie vakgebied byeengebring en ‘n skerp, haarfyn beplande sekuriteitsdiens van die begin tot die einde gelewer. Baie kere moes ons uitdagings beleef wat onmoontlik voorgekom en suksesse maar sleg gelyk het, maar deur uiters vasberadenheid, kundigheid en professionele bystand en beheer deur die C-E-N-span, was dit vir ons moontlik om daardeur te kom.

Ek kan in alle opregtheid C-E-N se dienste aanbeveel aan enigeen wat hoër sekuriteitsdiensvlakke vereis. Hule is ‘n eersteklas maatskappy, bestuur deur top-operateurs.

Brian Scott
Bedryfsbestuurder

DAILY MIRROR

Ek het die groot voorreg gehad om – met die bystand van C-E-N tydens drie afsonderlike en moontlik moeilike geleenthede – twee Wêreldbeker-sokkerwedstryde (Suid-Afrika in 2010 en Brasilië 2014) en Euro 2012 in die Oekraïne en Pole by te woon. Elke land bied sy eie unieke uitdagings in terme van veiligheid en logistieke dienste, en om soveel joernaliste te vervoer, is ‘n uitdaging opsigself – ons kan baie veeleisend wees!

Maar Paul, Gerry en die res van die C-E-N-span was altyd baie professioneel, hoflik en – bowenal alles – gerusstellend in die manier wat hulle voorberei, seker maak alles is veilig en dat die omstandighede absoluut geskik is om in vertroue en veiligheid te reis, asook om ons werk doeltreffend te doen. Geen opdrag of taak was te groot of te gering nie en is met ‘n vriendelike glimlag gedoen – dit is ‘n onomstootlike feit: dis ‘n plesier om met hulle te werk.

John Cross
Korrespondent

BAFTA

British Academy of Film and Television Arts

C-E-N verskaf sedert 2005 sekuriteitsdienste aan BAFTA in Londen. Hulle diens was altyd van hoogstaande gehalte en dis ‘n plesier om met Paul saam te werk. Hy het ‘n professionele aanslag, luister aandagtig wat ons behoeftes is en verstaan ten volle die werketiek van ons onderneming. Sy ondervinding was al by talle geleenthede oor die jare onskatbaar en ons het altyd veilig en gerus gevoel met hom en sy gekwalifiseerde span aan boord.

Ek huiwer nie om C-E-N aan enigeen aan te beveel wat iemand soek vir hoogs professionele sekuriteitswerk nie.

Helen Kirwan
Hoof van Fasiliteite en Diensverskaffing

RICOCHET LTD

Leading Production & Television

Ek bevestig dat Paul McMenamin en sy span van sekuriteitoperateurs in Junie 2008 genader is om ‘n Militêre Uithouvermoë-kursus te lei en te beheer vir die Britse Kanaal 5-program, “Unbreakable”. Hulle diens het risiko- en sekuriteitskatting, programbeplanning, beskerming en instruksie ingesluit. Hulle benadering en dienste was van die begin tot die einde uitstaande! Ek kan hulle dienste sterk aanbeveel en sal C-E-N sonder huiwering weer gebruik as hulle dienste benodig word.

Dave Mackay
Vervaardiger/Direkteur

CAPITAL GROUP

Fasiliteite en Konferensies

Hiermee bevestig ek dat C-E-N tans alle sekuriteitsdienste vir Capital Group en BAFTA in Londen behartig. Verskeie sekuriteitstake sluit in: beskerming van BBP’s wat BAFTA besoek, sekuriteitskattings en risiko analises, toegang- en uitgangbeheer, interne patrollering, geslote TV-kameras, pos- en pakkieshantering, asook alle toesluitprosedures. Dit word alles op ‘n daaglikse basis gedoen. Hulle totale dienste is uiters professioneel en van hoogstaande gehalte. Ek sal nooit huiwer om hulle dienste oral aan te beveel nie.

Sion Parry
Algemene Bestuurder

DRUM CUSSAC

Maritieme Olie- en Gasrisikomaatskappy

Ons onderneming het op verskeie kere die dienste van C-E-N gebruik en ek kan bevestig dat hulle hul dienste op die mees professionele en doeltreffende wyse uitgevoer het. Ek sal sonder huiwering hulle as ‘n eersteklas-maatskappy wat voorbeeldige dienste verskaf, aanbeveel.

Darren Dickson
Vise-President

ANGLORAND

Finansiële Diensgroep

Ek bevestig hiermee dat die dienste van C-E-N ingespan is om ons kliënte in oorgrensreise te beskerm. Van die aanvanklike konsultasies en regdeur die duur van die kontrak, was hulle professioneel en baie doeltreffend. Ek huiwer glad nie om C-E-N weer te nader om ons mense of kliënte te beskerm wanneer dit nodig is nie.

Richard Bonnichsen
Hoof-Uitvoerendebeampte

BAC SPORT

Toeroperateurdienste

Paul McMenamin en sy span van sekuriteitkundiges is deur BAC Sport gekontrakteer om omvattende veiligheidsdienste vir 7 weke te lewer gedurende die Sokker-Wêreldbekerreeks in Suid-Afrika. Hulle hooftaak was die beskerming van die amptelike Engelse mediatoergroep asook BBP’s en Korporatiewe kliënte. Dienste het ingesluit professionele en bekwame beskermingbeamptes, mediese ondersteuning, kommunikasie, ‘n volle reeks van spesiaal uitgesoekte ondersteuningsvoertuie en vooruitgang van en verkenning vir roetebeplanning. CEN het dag en nag uiters professionele dienste gelewer: by ons toernooibasis, op die pad, en gedurende lugreise van en na die onderskeie wedstrydplekke. Ek sal geensins huiwer om CEN vir enigeen wat beskermingsdienste enige plek ter wêreld soek en benodig, aan te beveel.

David Pearson
Besturende Direkteur

GOVERNMENT ISSD

C-E-N is verantwoordelik vir al ons sekuriteitvereistes. Hulle diens sluit in toegang- en uitgangbeheer, interne en eksterne patrollies, hantering van aflewerings, toesluitprosedures, sowel as bankdienste. C-E-N se bestuur en personeel is professioneel en nougeset in hul hantering en uitvoering van dienste. Ek het hul dienste ook al elders aanbeveel.

Johan Coetzee
Afdelingshoof

DRUM CUSSAC

Maritieme Risikomaatskappy: Olie & Gas

Wie dit mag aangaan:

Ek bevestig hiermee dat Drum Cussac die dienste van C-En-N gebruik het. Hulle terugvoer op ons navraag was vinnig en effektief en hulle totale dienste was op ‘n hoë standaard. Ek kan met vrymoedigheid hul dienste aan enigiemand aanbeveel weens hul kundigheid op dié gebied.

Tom O’Sullivan
ITR Operasiebestuurder

TSWANE EDUCATION

Sekondêre Opvoeding

Ek het met C-E-N bekend geraak toe hulle gekontrakteer en aangestel is om ‘n verskeidenheid van sekuriteitaangeleenthede by ‘n Sekondêre Opvoedingsfasiliteit binne die Tswane Onderwysdepartement op te los.
Die volgende punte beskryf die onderneming die beste: Voorkoms: Eerste indrukke is blywend, hulle benadering en voorkoms vir ons vereistes en behoeftes was eersteklas.
Beheer: Hulle het hulself in die mees professionele wyse beheer en sake hanteer in ‘n poging om ons behoeftes ten volle te verstaan, voordat hulle ‘n gedetailleerde voorstel gemaak het waarin die kritiese sake en werkbare oplossings aangedui is. Dienste: Die maatskappy se diensvlakke was van die staanspoor af bewonderenswaardig en uitstekend en het hul dienste stiptelik nagekom soos belowe.
Professionaliteit: Ek kan heelhartig sê dat C-E-N is ‘n netjiese onderneming en ek glo dat hulle skerp en sterk dienste (in delikate gevalle) regoor die wêreld lewer.

Ek huiwer nie om hulle as ‘n kwaliteit diensverskaffer aan enigeen wat professionele sekuriteitsdienste verlang, aan te beveel nie. Hulle kán dit lewer!

G Venter 
Tswane Onderwysdepartement