Wie is Ons

“Ons is passievol om ‘n afsienbare en langdurige indruk te maak op alles wat ons doen,”

Paul E. McMenamin – Stigter

Sedert 2008 is ons gedryf om beter resultate vir al ons kliënte te lewer en voortdurend te bevorder.

About us

Ons sien onsself nie net as “sekuriteit- of opleidingskundiges” nie, maar sal altyd daarna streef om ook ons kliënte se betroubare raadgewers te wees – hetsy in ‘n kommersiële of private verband. Ons verskaf ons dienste ver meer as wat algemeen verwag word van ‘n sekuriteitsmaatskappy. C-E-N het ‘n onberispelike nalatenskap geskep deur uitgesoekte personeel met tegnologie te kombineer.

Ons pas militêre filosofie en werklike ervaring toe om ons personeel met al die nodige toerusting en bekwaamhede toe te rus om uitstaande dienste te lewer, ongeag van die struikelblokke wat hulle mag teëkom. Hierdie uitgangspunt werk vir ons, dit verminder die risiko van mislukking en verhoog ons kanse op sukses aansienlik.

U Kan Ons Vertrou

Elke geval is verskillend. Maar vorige resultate word geensins as maatstaf gebruik om aan te dui dat ‘n soortgelyke uitslag in ‘n ander geval bereik sal word nie. Maar vorige resultate dui wel ‘n onderneming se ervarings as dit kom by krisisvoorkoming en verliesbeheer. Ons konsultante ondersteun kliënte op ‘n verskeidenheid praktiese gebiede soos veiligheidsgesprekke en –konferensies, terrein- of eiendomskattings, wagdienste, skadebeheer, BBP-beskerming, onluste, ondersoeke, logistiese sekuriteit, skeepsveiligheid en plaasveiligheid.

Kernwaardes

Ons kernwaardes word gebaseer op die beginsels van integriteit, toewyding en die waarheid.

Toewyding

Ons streef daarna om ‘n vlak van diens te lewer wat die verwagtinge van ons kliënte oortref. As u enige vrae oor ons dienste het, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie. Ons het vriendelike, verstandige verteenwoordigers om u by te staan – sewe dae per week.

Missie-verklaring

Om een van die wêreldwye korporatiewe leiers in ons gebied te word deur die implementering van nuwe tegnieke, uitstekende dienslewering en kliëntesorg.

Gehalte Gedragslyn & Versekering

C-E-N se gehaltestelsel sluit ‘n kombinasie van dokumente in wat die bestuur toelaat om hoë dienslewering te verseker en dat die hoë diensvlakke steeds behoue en staande bly.

Aboutus2

Ons voorsien kwaliteitdienste aan kliënte wat hoër standaarde op alle vlakke vereis

Etiekkode

C-E-N is ‘n gelyke geleentheidsmag met nul-verdraagsaamheid teenoor alkohol en dwelms. Ons bedryf ons onderneming eerlik en etieskorrek en sal gereeld die gehalte van ons dienste verbeter. Géén onetiese optrede is in ons beste belang. Al ons kontrakteurs, medewerkers, konsultante, toesighouers en bestuurders is verplig en gebonde om professionel op te tree, regvedig en verantwoordelik te wees waar hulle ook al is. Ons volstaan by streng protokol en etiketgedragslyne en korporatiewe integriteit.

C-E-N sal NIE sy beginsels of reputasie skik, verwerp of inboet vir kort- of langtermynvoordele nie. Die etiese optrede van hierdie onderneming is die somtotaal van die etiese gedrag van al ons mense wat vir ons werk.

About us2

Beroepswelstand en –Veiligheidswet 85 van 1993

Ons het ‘n plig om toe te sien na die welstand van ons kliënte, gemeenskappe en mense, daarom het ons geen keuse as om te voldoen aan die hoogste vlakke van omgewingswelstand- en veiligheidsprosedures nie.

About us 3